Kobus van der Merwe

Imago Verhoudings Terapeut en Opleier in Pretoria

Kobus is 'n ervare terapeut wat vir die afgelope 23 jaar met verhoudingsterapie werk. Hy is lid van Imago Internasionaal Fakulteit en op dien op Imago Africa se nasionale Raad.

  • Terapeut

    Hy help pare met genesing, groei en transformasie dmv sessies en verhoudings intensiewe

  • Werkswinkel Aanbieder

    Hy is 'n ervare werkswinkel aanbieder van die internasionaal bekende "Getting The Love You Want" pare werkswinkel

  • Opleier

    Hy lei professionele Terapeute op in Suid Afrika, Europa, VSA, Asutralia en New Zealand.

480+

Werkswinkels

Aangebied

23+

Jare Ervaring

3800+

Huwelike Gered

140+

Terapeute Internasionaal opgelei

Oor Kobus van der Merwe

Passievol oor Gesonde Huwelike

Konneksie is lewe


Kobus het opgegroei in 'n gesin waar hulle al hulle tyd en energie gebruik het om met mense besig te wees. Sy pa, Freek, is 'n predikant en sy ma, Cornel, is 'n psigiater. Hulle het die saadjie geplant vir Kobus se belangstelling in menslike dinamiek en energie, die lewensaar van verhoudinge.

 

In 1992 het Kobus sy graad in teologie voltooi en 5 jaar as predikant van die NHK gedien. Dit was gedurende hierdie tyd waarin hy in sy werk as predikant en in sy persoonlike lewe met baie vrae oor verhoudinge gekonfronteer is. Dit is ook hier waar sy liefde vir die studie en eksplorasie vir heling in verhoudings begin het. Dit het hom gemotiveer om prosesse te ondersoek wat die fyn tapisserie van die huwelik en familie sal genees en instand sal hou. Vanaf 1996 praktiseer hy in IDENT as 'n gesins- en huweliksberader. Die instituut het 'n sistemiese benadering om mense in hulle lewe en verhoudinge tot nuwe lewensenergie te lei. Hy voltooi in 2000 sy honneurs graad in sielkunde aan UNISA.

Na intensiewe navorsing van programme wat wêreldwyd aangebied word, woon Kobus en sy vrou, Anita 'n Imago Verhoudingsterapie program by. Kobus het die program onmiddellik geidentifiseer as een wat hy kan aanbied en deel met ander.

 

Hy het die Imago kliniese en gevorderde opleiding suksesvol voltooi. Die program fokus daarop om deelnemende pare weer op 'n siels vlak in konneksie te bring eerder as om vanuit karakter aanpassings in verhouding te staan. Die program lei pare om hulle te verbind tot 'n bewuste en volwasse verhouding. In 2002 het Kobus sy IMAGO opleiding in Denemarke voltooi en is nou een van die geakkrediteerde terapeute in die land om die internasionaal bekende werkswinkel "GETTING THE LOVE YOU WANT" aan te bied. Hy is pas toegelaat op die Imago Internasionaal Akademie en toegelaat tot die internskap om ander terapeute op te lei in Imago Verhoudingsterapie

 

Om die tapisserie van die huwelik en gesin te skep en te onderhou, is 'n integrale deel van Kobus se eie lewe. Hy en Anita is in 1992 getroud en het drie pragtige kinders , Freek, Hendrien en Cornel Kobus vind sy grootste verwondering, vreugde, vrede en vervulling in sy kinders en in die bewuste verhouding met Anita wat hulle kon skep deur hulle ervaring met Imago

Internasionale toekenning

Harville Hendrix Toekenning vir kliniese uitmuntenheid

Kobus van der Merwe ontvang hier die toekenning op 'n internasionale kongres in Los Angeles van Drs harville hendrix en Helen La Kelly Hunt.



Werkswinkel word regoor Suid Afrika aangebied

Pretoria, Suid Afrika

Ons het die werkswinkel ongelooflik baie geniet en kyk op 'n heel ander manier na verskeie aspekte van die huwelik. Kobus is 'n uitstekende terapeut en ook 'n BAIE goeie luisteraar. Dankie Kobus, vir die goeie werk wat jy doen.

Bea Duvenhage

Johannesburg

Wow...ek het weer my man ontmoet op nuwe vlakke. My self herondek. Meaning gevind in ons huwelik. Daar is tog meer in n huwelik veral wanneer d verlief fade...iets wat verewig kan wees. Nou leef ek my fairy tale. Dankie Kobus vir al d tools

Shantel Spook Smal

Pretoria

Profound and beautiful. Deep insight and self-awareness that has transformed how we understand each other and connect. A great way to start a relationship

 

 

Ingrid Hurwitz

Johannesburg